Koshuispersoneel

Mnr Cassie Smith - Superintendent
Ons koshuispersoneel bestaan uit ‘n span uiters bekwame en hoogs toegewyde personeel. Deeglike en deurdagte beplanning tesame met die gefokusde poging van elkeen in ons span lei daartoe dat ons koshuis waarlik ‘n tuiste is – ‘n huis weg van die huis!

Ons Superintendent is deel van en word bygestaan en ondersteun deur ‘n uiters bekwame groep dienspersoneel wat werklik omgee vir ons kosgangers.

Senior Personeel

Koshuismoeder

Mev Smith is as huismoeder verantwoordelik vir die daaglikse wel en weë van die koshuisdogters. Sy word hierin bygestaan deur die dames dienspersoneel.

Hoofmatrone

Mev de Villiers is verantwoordelik vir die beplanning, beheer en toesig oor die kombuis, spyskaarte en kombuisvoorraad. Sy word hierin bygestaan deur die koshuismatrones.

Dienspersoneel - Dames

Dienspersoneel - Mans

Dienspersoneel - Matrones

Personeel - Administratief