Aksies, dokumente en Inligting

PADVAT VIR PIONIER 2021

Ons be-oog om ‘n aantal besoeke aan ons voedingsgebied te bring ten einde voornemende ouers en leerders vir 2021 te kan ontmoet. Klik die meegaande skakel vir inligting en ons toerprogram. Die inligting bevat skakels wat u kan gebruik om plek te kan bespreek by hierdie kuiers.

Heraansoeke vir 2021

Volgens beleid moet elke ingeskrewe leerling van die skool heraansoek om toelating vir die volgende akademiese jaar doen.  Klik op die skakel langsaan vir toegang tot die amptelike aansoekvorm, of besoek die D6-Kommunikeerder.

Graad 9 - VAKKEUSES 2021

Inligting ten opsigte van die prosedure vir die maak van vakkeuses vir graad 10 deur ons graad 9 leerlinge sal eersdaags hier verskyn.

FOTODAG 2020

Ons gebruiklike fotodag vind hierdie jaar op die dae hieronder ge-adverteer plaas. Bestellings vir hierdie foto’s  kan geplaas word deur middel van die aanlynbestelvorm van die fotograaf.  Klik op die skakel langsaan vir toegang tot die vorm, of besoek die D6-Kommunikeerder.

Graad 8,10 en 12: 3 September 2020

Graad 9 en 11: 29 September 2020

5
Februarie
  • All day
  • Hoërskool Vryheid Atletiekbaan
VHS Aflosbyeenkoms

Hierdie jaarlikse tradisionele sportbyeenkoms vind op 2 Februarie 2020 plaas.

18
Maart
  • 00:00 am to 24:00 pm
Tydperk van isolasie

Isoleringstydperk deur die regering aangekondig

1
Mei
  • Hoërskool Pionier
Koronavirus: die pad vanaf 1 Mei

Kommunikasie met ouers, leerders en personeel aangaande die staat van inperking en die skool se reaksie.

8
Junie
  • All day
  • Vryheid, KZN, 3100
Pionier heropen Gr 12 en koshuis

Die terugkeer van personeel en leerlinge na die afsonderingstyd sal streng volgens riglyne hanteer word!