Aansoek om toelating

Proses van aansoek

Aansoeke vir die huidige akademiese jaar (2020) word deur die administratiewe kantoor hanteer. Aansoeke vir 2021 kan nou reeds gedoen word. ‘n Kopie van die aansoekvorm kan afgelaai word, maar moet, tesame met al die gevraagde dokumente, by die skool ingehandig word.

Vergewis u asseblief van belangrike inligting en standpunte van die skool soos vervat in die Gedragskode vir Leerders van Hoërskool Pionier, die inligting vervat in die Prospektus van die skool en ander beleidstandpunte in dokumentasie op ons webblad wanneer u dit oorweeg om u kind by Pionier in te skryf!

Vra inligting aan
Inskrywingsvorms vir die huidige jaar kan by die skoolkantoor aangevra word. Anders kan kopieë in PDF-formaat van die webwerf of die skool se kommunikeerder afgelaai word. Skakel die skool vir 'n gebruikerskode en wagwoord om aanlyn aansoek te kan doen vir 2021.
Vra vir inligting
1
Doen aansoek
Harde kopieë moet volledig met alle tersake inligting voltooi word. Aanlynaansoeke kan met die inligting wat u per epos van die skool ontvang het ingevul word.
Doen aansoek
2
Handig u aansoek in
Harde kopieë kan aan die skool gepos word (slakke- of epos) of per hand afgelewer word. Aansoeke kan ook geskandeer word en, tesame met al die nodige dokumentasie, na die skool ge-epos word (Sien die inligting hieronder).
3

Administrasie ten opsigte van aansoeke na Januarie

Laai ons prospektus af deur die skakel op hierdie bladsy voorsien. Vergewis u van veral die Gedragskode vir Leerders van Pionier.

Aansoeke vir 2020

Voornemende ouers en leerlinge vir die huidige akademiese jaar volg die volgende prosesdure:

  • Skakel die skool vir ‘n afspraak met die hoof.
  • Indien suksesvol sal aansoekvorms deur die skool voorsien word. U kan ook die vorms van die webblad aflaai.
  • Vul die vorms volledig in en handig dit, tesame met al die vereiste dokumente, by die kantoor in.

Die skool sal verder met u skakel rakende u aansoek.

Dokumentasie

Aansoekvorms vir 2021 kan hier afgelaai word. Klik die skakel hieronder vir ‘n aflaaibare dokument. Volg al die instruksies op die aansoekvorm!

Skakel die Administratiewe kantoor

Bestpic_170731-20
Toelatingsinligting
Mev. Ronel Uys