Nuus

Al die Pioniers veilig in die nes!

Met groot opgewondenheid verwelkom ons graag vandeesweek al ons grade terug by Pionier.  Dit is vir ons ‘n groot bederf om al julle gemaskerde gesigte voor ons in die klas te sien sit, veral die graad 9-leerders wat vir 6 maande deur middel van Google Classroom tuisonderrig moes ontvang.  Ons kan nie wag om 2020 so suksesvol en positief as moontlik af te handel nie en ons bedank graag ons toegewyde onderwysers en leerders vir hulle positiewe gesindhede tydens die pandemie.   Ons waardes, naamlik Omgee, Respek, Geloof, Eerlikheid en Regverdigheid is veral onder die leerders en onderwysers tydens die laaste paar weke te sien.  Ons sien uit om dit vir die res van die jaar op ‘n soortgelyke wyse toe te pas en in die klas, koshuis en ook op ons skoolterrein uit te leef.

Pionier wil graag spog met meneer Johan Herbst se graad 12-leerders wat hulle Siviel prakties op só ‘n suksesvolle wyse afgehandel het. Hierdie leerders het asemrowende, moderne bedlampies met gegalvaniseerde pyp gebou. Beslis ‘n paar spogstukke wat in baie van hulle se ouers se huise sal pronk!

Pionier se onderwysers en leerders is volstoom aan die werk om dié jaar so suksesvol as moontlik af te handel.

“Wat ons van COVID geleer het, is om geduldig te wees.

Ons sal antwoord!c

Pionier is aan die gang!!

Baie sterkte aan elke matriekleerling.  Die harde werk lê nou voor.  Dankie ook aan elke onderwyser wat dit so maklik as moontlik vir ons matrikulante maak om hulle tyd terug by die skool ten volle te kan benut.  Aan die res van ons leerders wil ons ‘n versoek rig om steeds by die huis hard te werk. Ons vertrou om julle een van die dae weer te sien!

Terwyl die land in ‘n algehele staat van grendel is, is geen slot sterk genoeg om die kreatiwiteit van een van ons talentvolle skoliere op hok te hou nie. Met die feit dat die ATKV-Redenaarskompetisie weens Covid 19 nie vanjaar sy normale gang kon gaan nie, was daar egter instansies wat aan kreatiewe leerders verskeie opsies gebied het. Susan Gregory, gr. 9, neem dan individueel aan redenaars- en skryfkompetisies deel. Terwyl sy nog in afwagting op sommige uitslae is, wens ons haar intussen geluk met die volgende prestasies:

Con Spirito – hier behaal sy op provinsiale vlak ‘n uitmuntende 92% vir haar voorbereide toespraak: “Waarheid”

Nasionale Interskole Redenaarskompetisie – hier dring sy deur tot die landsfinaal wat op 5 September plaasvind, nadat sy onderskeidelik 92% en 94% vir haar voorbereide- en onvoorbereide toesprake ontvang.

Pionier is trots op jou, Susan! Ons sien opgewonde uit na die res van die uitslae.

Leave a comment