Nuus

KREATIEF EN BEKKIG IN DIE GRENDELTYD!

Terwyl die land in ‘n algehele staat van grendel is, is geen slot sterk genoeg om die kreatiwiteit van een van ons talentvolle skoliere op hok te hou nie. Met die feit dat die ATKV-Redenaarskompetisie weens Covid 19 nie vanjaar sy normale gang kon gaan nie, was daar egter instansies wat aan kreatiewe leerders verskeie opsies gebied het. Susan Gregory, gr. 9, neem dan individueel aan redenaars- en skryfkompetisies deel. Terwyl sy nog in afwagting op sommige uitslae is, wens ons haar intussen geluk met die volgende prestasies:

Con Spirito – hier behaal sy op provinsiale vlak ‘n uitmuntende 92% vir haar voorbereide toespraak: “Waarheid”

Nasionale Interskole Redenaarskompetisie – hier dring sy deur tot die landsfinaal wat op 5 September plaasvind, nadat sy onderskeidelik 92% en 94% vir haar voorbereide- en onvoorbereide toesprake ontvang.

Pionier is trots op jou, Susan! Ons sien opgewonde uit na die res van die uitslae.

“Wat ons van COVID geleer het, is om geduldig te wees.

Ons sal antwoord!c

Pionier is aan die gang!!

Baie sterkte aan elke matriekleerling.  Die harde werk lê nou voor.  Dankie ook aan elke onderwyser wat dit so maklik as moontlik vir ons matrikulante maak om hulle tyd terug by die skool ten volle te kan benut.  Aan die res van ons leerders wil ons ‘n versoek rig om steeds by die huis hard te werk. Ons vertrou om julle een van die dae weer te sien!

Die graad 11’s het op 29 Junie terug gekeer na Pionier.  Elkeen was gemasker en gereed vir die Covid-19 skoolgaantydperk wat vir hulle voorlê.  Daar lê egter ook vir ons graad 11’s harde werk voor om die res van die skoolkurrikulum onder die knie te kry.  Ons is opgewonde om meer van ons leerders terug te verwelkom.  Die graad 8 tot 10 leerders sal steeds hierdie week hul lesse op die Google Classroom ontvang, totdat ons graad 8 en 10 leerlinge volgende week, 6 Julie sal terugkeer.  Die graad 9’s sal die week daarna by ons aansluit.  Ons is positief dat ieder en elk van die leerders goed sal aanpas by die nuwe reëlings wat in plek gestel is om ons skooljaar so effektief as moontlik af te handel.

Graag herinner ons julle ook aan 2021 se aanlyn-inskrywingsvorms wat op ons webtuiste beskikbaar is.  Gaan besoek gerus www.pionier.co.za vir meer inligting en om die inskrywingsvorm af te laai.  Die inskrywings-proses is baie maklik en dit sal nie baie van julle tyd in beslag neem nie.  Skakel ook gerus die skoolkantoor indien daar enige navrae is oor die inskrywings-proses.

Leave a comment