Nuus

Vreemde tye en vreemde omstandighede!

Die graad 11’s het op 29 Junie terug gekeer na Pionier.  Elkeen was gemasker en gereed vir die Covid-19 skoolgaantydperk wat vir hulle voorlê.  Daar lê egter ook vir ons graad 11’s harde werk voor om die res van die skoolkurrikulum onder die knie te kry.  Ons is opgewonde om meer van ons leerders terug te verwelkom.  Die graad 8 tot 10 leerders sal steeds hierdie week hul lesse op die Google Classroom ontvang, totdat ons graad 8 en 10 leerlinge volgende week, 6 Julie sal terugkeer.  Die graad 9’s sal die week daarna by ons aansluit.  Ons is positief dat ieder en elk van die leerders goed sal aanpas by die nuwe reëlings wat in plek gestel is om ons skooljaar so effektief as moontlik af te handel.

Graag herinner ons julle ook aan 2021 se aanlyn-inskrywingsvorms wat op ons webtuiste beskikbaar is.  Gaan besoek gerus www.pionier.co.za vir meer inligting en om die inskrywingsvorm af te laai.  Die inskrywings-proses is baie maklik en dit sal nie baie van julle tyd in beslag neem nie.  Skakel ook gerus die skoolkantoor indien daar enige navrae is oor die inskrywings-proses.

“Wat ons van COVID geleer het, is om geduldig te wees.

Ons sal antwoord!c

Pionier is aan die gang!!

Baie sterkte aan elke matriekleerling.  Die harde werk lê nou voor.  Dankie ook aan elke onderwyser wat dit so maklik as moontlik vir ons matrikulante maak om hulle tyd terug by die skool ten volle te kan benut.  Aan die res van ons leerders wil ons ‘n versoek rig om steeds by die huis hard te werk. Ons vertrou om julle een van die dae weer te sien!

Covid-19 is verseker ‘n uitdaging.  So ook is dit vir ons koshuisleerlinge ‘n uitdaging by Hoërskool Pionier.  Uit die hart van ‘n matrikulant:

“Het ons maar geweet dat 18 Maart die laaste normale skooldag sou wees; dat dit ons laaste sportwedstryd was;  dat dit die laaste koshuisweek met trollieresies, sêr oefening of koshuis fliekaand was. As ons maar net geweet het….”

“Wat ons van COVID geleer het, is om geduldig te wees.  Ons het geleer om te luister, en meer as ooit, ander se gesondheid so hoog soos jou eie te ag! Ons het geleer dat masker dra nie so erg is, en 1.5m nie so ver is nie. Ons het nooit geweet dat die halfuurbreuke in die voorportaal só lekker kon wees nie. Maar ons weet dit nou. Hier, in die koshuis, druk ons saam deur. Harde werk lê voor, maar niks is onmoontlik nie.”

Leave a comment