Nuus

Dit bly steeds ‘n plesier by Pionier!

Pionier het reeds, twee weke voor die beplande datum wat die graad 12-leerders na die skool sou terugkeer, begin voorberei om hulle te verwelkom.  Die hoof, terreinwerkers en die nutsman het eerste aangemeld om te verseker dat ons terrein versorg en netjies is.  Met behulp van webinare, vele vergaderings en addisionele inligting kon genoeg kennis versamel word om ‘n uitstekende handleiding te kon saamstel vir die ontvangs van ons personeel en leerlinge.  Op 27 Mei het die bestuurspan reeds skouer aan die wiel gesit om te verseker dat belangrike sake, soos sosiale distansiëring in alle klaskamers en op die terrein behoorlik toegepas sal kan word wanneer ons graad 12’s sou terugkeer.  Pionier se personeel het deurgaans onderrig aan leerders tydens die inperkings-tydperk verskaf, sodat elke leerder steeds op hoogte kon bly.  Ons ervaar baie positiewe gees onder die personeel en sien daarom uit om die res van 2020 suksesvol af te handel.

Wanneer dit ookal vir die regering geleë is sal dit gebeur. Ongeag is Pionier gereed om ons graad 12’s te ontvang om met hulle akademiese jaar voort te gaan?

Ope vraagc

Dankie Afriforum!

Afrifirum help ons deur COVID 19

Ons is baie dank verskuldig aan Afriforum vir die skenk van reinigingsmiddels en bewustheidsplakkate  om ons te help gereed maak vir die terugkeer van ons graad 12 leerders.

Dankie aan mnre van Aswegen en van der Walt van Afriforum wat die oorhandiging kom doen het.

1 comment

  • Admin
    / Antwoord

    Dis ‘n plesier by Pionier!

Leave a comment