Nuus

Belangrike inligting uit die hoof se kantoor – skole heropen nie op 1 Junie nie!

Baie vrae en antwoorde!

Uit samesprekinge tussen die onderskeie onderwysersunies en ander rolspelers met die minister blyk dit dat skole nie op 1 Junie sal open soos aanvanklik aangedui nie. Hoewel Pionier gereed is om ons leerders terug te verwelkom, sal ons inval by die ooreenkoms dat alle skole op dieselfde dag sal open. Lees die brief hieronder gepos op 31 Mei vir die aankondiging deur die hoof gemaak.

Die D6-Kommunikeerder bly steeds die belangrikste skakel vir ouers en leerlinge om op datum te bly met die nuutste inligting.

(Die skakel met inligting om die D6-Kommunikeerder af te laai is op die Tuisblad beskikbaar)

Besoek ook ons dokumente en inligting bladsy vir die belangrike aanpassings wat in die beleidsdokument Algemene Gedragskode (lees AANHANGSEL A) gemaak is om roetines rondom terugkeer na die skool te reguleer.

Veiligheid en terug skool toe!

Dit is nodig dat ouers en leerlinge ingelig en gereed sal wees vir hierdie proses

Die skakels langsaan verskaf inligting ten opsigte van hierdie beplanning.

Tags

Leave a comment