Nuus

Die Korona-virus: Inperking met twee weke verleng!

Die Korona-virus - tyd vir aksie!

Die regering het pas aangekondig dat die inperkingstydperk met nog twee weke (einde April!) verleng word. Verskeie platforms (Sien ons bladsy oor die Korona virus) bied aanlyn geleentheid vir leerders om op datum te probeer bly met akademiese werk.

Ons aanlynpoging vereis die volgende:

  • Die D6-Kommunikeerder bevat al die vakinligting wat nodig is om op datum te probeer bly.
  • Nuusbriewe uit die hoof se kantoor word hier en op die Kommunikeerder geplaas om leiding te gee. Gebruik die skakels langsaan om die briewe oop te maak en selfs af te laai en uit te druk.

Daar is reeds op ons bladsy oor die Korona-virus inligting en skakels beskikbaar gestel wat leerlinge instaat sal stel om in hulle eie tuisomgewing akademies aktief te wees. Daarby word daagliks vakinligting op die D6-Kommunikeerder gepos.

(Die skakel met inligting om die D6-Kommunikeerder af te laai is op die Tuisblad beskikbaar)

Nuwe beplanning 2de Kwartaal 2020!

Dit is nodig dat leerlinge aktief besig moet bly met akademiese werk in hierdie tyd!

Die skakels langsaan verskaf inligting ten opsigte van hierdie beplanning.

Tags

Leave a comment