Nuus

Die Korona-virus

Pionier en die Korona-virus

Ons skool word, soos enige ander openbare instansie in die land, intens geraak deur die bedreiging wat hierdie virus inhou. Die skool is gesluit vanaf 18 Maart en sal (op die vroegste) eers op die 14de April (15de?) heropen.

Alle aktiwiteite by die skool is in die proses opgeskort. Die skool kan dus nie gekontak word nie en die fasiliteite van die skool is ook nie beskikbaar vir gebruik nie. Vir meer duidelikheid hieroor kan u op die dokumentebladsy op die tuisblad die Jaarkalender raadpleeg vir die tydperk genoem.

Daar is reeds baie inligting wat beskikbaar is aangaande die Corona-virus. Die regering self stel ook daagliks nuwe inligting vry. Dit is belangrik dat elkeen van ons op hoogte bly hieroor en ons ook vergewis dat die inligting waarmee ons werk feitelik korrek is.

Belangrike kontaknommers!

Tags

Leave a comment