Nuus

Skitterende sprekers stapel trofeë op!

EG Jansen Redenaars:

Op Donderdag 12 Maart neem ‘n junior – en senior redenaarspan aan die KZN-EG Jansen deel. Die juniors, met Susan Gregory en Lené Janse van Rensburg se onvoorbereide onderwerp was: Koebaai handboek, hallo tablet. Die senior span, met Christinet Zaal en Dee-Mari Kriel se onvoorbereide onderwerp was niks anders as die onderwerp van die jaar: Is SA gereed vir die Corona-virus? Beide ons spanne word as die algehele wenners aangewys! Twee fenominale prestasies! Daar wag toe egter nóg fantastiese nuus… Christinet Zaal word as die “Beste onvoorbereide senior spreker” aangewys en Susan Gregory word met twéé trofeë vereer: “Beste voorbereide – asook onvoorbereide junior spreker”! Ons gee staande applous vir hierdie talentvolle en brawe sprekers wat dus vyf van die ses trofeë Pionier toe bring!

Puk 16 vs Volksrust:

Die laaste Puk 16-poelwedstryde het op Saterdag 14 Maart te Pionier plaasgevind. Die uitslae is as volg: Netbal: o/14A 22-7, o/15A 19-5, o/16A 54-0, tweedes 30-3 en die eerstespan 49-9. Hokkie: o/14A 0-0, o/15A 0-0, o/16A 3-0, die tweedespan 1-0 en die eerstes 2-3. Die seunshokkiespan verloor 0-7. Rugby: o/14A 34-22, o/15A 24-28, o/16A 38-14, die tweedespan 15-45 en die eerstespan 35-12.

NWU-16 Sportreeks 2020 gekanselleer in die lig van die voorkomende maatreëls rondom die verspreiding van die Corona-virus soos deur die regering aangekondig.

Mnr. Riaan Muller, Skoolhoof

Skool sluit vandag, 17 Maart 2020!

Neem kennis dat alle skole vandag 17 Maart 2020 moet sluit.
Bygevoeg op Dinsdag 17 Maart 2020

Neem kennis dat alle skole vandag 17 Maart 2020 moet sluit. Skool sluit 11:00 en die busse sal 12:00 vertrek na die dorpe. Ons versoek ouers om kalm te bly in die tyd van beproewing.

Tags

Leave a comment