Nuus

Toppresteerders van 2019 kry erkenning.

Baie geluk aan die volgende leerlinge wat Top 10-knopies vir kwartaal 4 van 2019 ontvang het: Graad 8: Anika Dedekind, Zoé Richards, Chanté Booysen, Susan Gregory, Chris Hentzen, Mieke Steenkamp, Nina Coetzee, Louélle Toerien, Ané Burger en Cay-li Birkenstock. Graad 9: Anika Smit, Kristin Brink, Lee-Ann du Toit, Anya Richter, Lizé-Mari Pienaar, Marelize Harris, Toekie Zulu, Dominic Nel en Daniélle Bosman. Graad 10: Marjean van Zyl, Ger-Mari Kruger, James Bellringer, Werner Janse van Rensburg, Kayla Becker, Tiana Maritz, Riaan Norval en Anneen Nel. Graad 11: Marlie Smit, Christinet Zaal, Berné van Heerden, Anrie Janse van Rensburg, Delmari van Eeden, Kayla Haywood, Shanté Veldsman, Shaé Leeuw en Juliana Benade.

Puk 16 vs Ferrum:

 Die tweede Puk 16 poelwedstryde het op Donderdag 5 Maart op Pionier se tuisveld plaasgevind. Baie geluk aan elke span wat met goeie sportmangees die wedsrtyde aangepak het. Die uitslae is soos volg: Rugby: o/14A 20-41, o/15A 14-5, o/16A 31-24, 2des 5-24 en die eerstespan speel goeie en klipharde rugby en wen 25-5. Netbal: o/14A 16-15, o/15A 7-7, o/16A 20-17, 2des 23-10 en die eerstespan speel puik netbal en wen 31-19. Hokkie: o/14A  1 elk, o/15A 4-1, o/16A 2-1, 2des 3-0, die eerstespan dogterspan speel uitstekende hokkie en wen 7-1 en die seunspan 1-8. Die eerste hokkiespan se uitslag teen Piet-Retief wat op Maandag 2 Maart gespeel is, was ‘n klinkklare oorwinning van 3-0. Die laaste Puk 16 poelwedstryde vind op Saterdag 14 Maart teen Hoërskool Volksrust by Pionier plaas. Baie sterkte aan al die spanne.

Leave a comment