Nuus

1ste-hokkiebokkies is sterre!

Hoërskool Pionier was die gasheer van die jaar se Spar-hokkietoernooi wat op Saterdag 29 Februarie plaasgevind het. Baie dankie aan almal wat van die dag ‘n sukses gemaak en aan elke span wat deelgeneem het. Ons eerstespan wen al 3 hul poelwedstryde teen Landbou (5-0), Sarel Cilliers (2-0) en Dundee Hoërskool (1-0). In die semi-fiaal speel hulle teen Ferrum en wen 2-0. In die finaal speel hulle gelykop een elk teen St Dominics waarna hulle die 8-sekonde uitskietronde 3-2 wen. Baie geluk, ons is super trots op julle!

Wintersport vs Hoërskool Ermelo:

Die wintersportseisoen het op Dinsdag 25 Februarie teen Ermelo afgeskop. Uitslae is soos volg: Hokkie: o/14A 1-0, o/15A 1-6, o/16A 0-5, die tweedes 4-0, eerstespan 2-5 en die seunspan 0-5. Netbal: o/14A 12-17, o/15A 8-21, o/15 gekombineerdespan 1-24, o/16A 22-18, tweedes 10-12 en die eerstespan 24-17. Rugby: o/14A 7-43, o/15A 14-10, o/16A 12-38, tweedespan 14-12 en die eerstespan 28-12.

PUK 16 uitslae teen Piet Retief.

Puk 16 vs Piet Retief:

Die eerste ronde poelwedstryde vir die Puk 16-reeks het op Saterdag 29 Februarie in gietende reën en koue begin. Pionier het na Piet Retief gereis om kragte te meet. Die uitslae is soos volg: Hokkie: o/14A 2-1, o/15A 1-2, o/16A 2-3, die tweedespan 1-0. Die eerstespan se wedstryd het eers op Maandag 2 Maart plaasgevind (uitslag sal volg). Netbal: o/14A 20-5, o/15 A 17-13, o/15 gekombineerdespan 7-16, o/16A 16-13, die tweedes 13-25 en die eerstes 23-29. Rugby: o/14A 0-70, o/15A 7-20, o/16A 3-31, die tweedes 5-34 en die eerstes 18-24. Die volgende wedstryd is Donderdag 5 Maart by Pionier teen Ferrum. Kom ondersteun ons spanne!

Skyfskiet:

Pionier se skuts het Saterdag 29 Februarie aan Liga 2 te Ferrum deelgeneem. Baie geluk aan almal wat goed presteer het. Tydens die prysuitdeling het die volgende skuts medaljes ontvang vir Liga 1: o/16 Sporterklas: Jadon Richter (3de) en Rhyno van Zyl (2de). o/21 Veerklas: Dominique Coetzee (3de) en Ruan Steenkamp (2de).

Tags

Leave a comment