Pionier Kultuur

Hoërskool Pionier

sedert 1976

WELKOM BY HOËRSKOOL PIONIER

Pionier is 'n skool in die hartjie van KwaZulu-Natal. Die see van blou is gevestig in Vryheid, en is alombekend vir die klein skooltjie met 'n groot hart! Pionier wil as opvoedkundige instansie op so 'n wyse funksioneer dat ons deurgaans as een van die bestes in die land op die gebied van opvoeding, onderrig en skoling gereken sal word.

Ons karakter is gebasseer op die waardes en beginsels van ons Christelike Geloof. Ons fokus op respek, omgee, regverdigheid, geloof en eerlikheid as lewenswaardes om ons leerders toe te rus om gebalanseerd met 'n gesonde lewens- en wêreldbeskouing die toekoms in te stap.