Pionier Beskik oor mooi fasiliteite

Pionier is trots op hul verskeie fasiliteite.

Pionier is tans besig met die opgradering van hul badkamers.  Met baie mooi moderne styl kan ons leerders met gemak hul nuwe badkamers gebruik.

Pionier beskik oor 'n volle toegeruste gymnasium wat elke middag van 14:30 - 17:00 beskikbaar is vir leerlinge om te gebruik.  Hierdie vind plaas onder die leiding van 'n bekwame instrukteur.

Ons Swembad word ook ten volle benut waar ons Gala's hou en ook afrigting beskikbaar is vir leerders.

Ons tuine is sprokieprent mooi.  Ons leerders en personeel is trots op hierdie pragtige groen tuine waar ons rustig kan verkeer. 

Ons het ook uitmuntende sportfasiliteite waarop ons leerder elke middag hul energie kan verbrand.  Vanaf ons pragtige Losie kan al die sportvelde gesien word, en kan op hoogte gebly word gedurende sportdae.

Pionier is ook tans besig met die opgradering van ons Krieketveld en kan nie wag om in 2016 hom uit te toets nie.

Ons Astro-hokkieveld is die nuutste toevoeging tot ons sportarsenaal.  Onder die bekwame leiding van ons hokkie direkteur, kry hokkiespelers afrigting van die beste op 'n baan van internasionale standaard.

Ons het ook 'n Prag Koshuis - Ons huis weg van die huis!  Hier kan elke leerling hom/haar self tuis maak en sommer weet almal om hom/haar is soos familie.

Ons as Pioniers is trots op ons geboue en terrein!