HOËRSKOOL PIONIER SKOOLNUUS                                             16 April 2018

Skuts verwerf SA kleure
 
Die afgelope naweek het ons skuts gereis na Bloemfontein om daar aan 'n nasionale skyfskietkompetisie deel te neem. Baie geluk aan Thomas Kotze wat 'n 2de plek en 'n brons medalje ontvang het. Hy verwerf ook sy SA kleure. Cayla Putter het ook goed presteer en het 'n 2de plek en silwer medalje ontvang. Sy ontvang ook haar Springbokbaadjie en verwerf haar SA kleure. Ryno van Zyl maak ons ekstra trots. Hy behaal twee 2de plekke en verwerf sy Springbokkleure. Hy is ook gekies as deel van die SA span wat na Engeland gaan reis later in 2018. Geluk, julle maak ons trots.
 
PUK 16 semi-finaal uitslae:
 
Puk 16 Semi finaal
RUGBY: 0/14 verloor 8-12 teen Stofberg, O/15 wen 39-14 teen Delmas, 0/16 wen12-5 teen Oosterland, 2de span wen 22-3 teen Stofberg en die 1ste span wen 41- 12 teen Pretoria Noord en speel eerskomende Saterdag in die finaal vir die 1ste plek. 
NETBAL: 0/14 wen 23-12 teen Oosterland, O/15 wen 31-9 teen Delmas, 0/16 wen 20-18 teen Pretoria Noord, 2des wen 25-18 teen Stoffberg
1ste span wen 33-27 teen Pretoria  Noord. 
HOKKIE: 0/14 wen 3-0 teen Pretoria Noord, 0/15 wen 5-1 teen Pretoria  Noord, 0/16 wen 3-2 in 'shootout'  teen Delmas, 2des wen 6-0 teen Stoffberg en speel Saterdag in die finaal vir 1ste plek. Die 1ste span wen 3-0 teen Oosterland.
 
Atletiek 
Zandri Meyer het tydens die vakansie van 5-7 April deelgeneem aan 'n atletiekbyeenkoms in Paarl. Sy het 12de plek behaal in Skyfwerp met 32,69m. Sy kon ongelukkig nie aan die Gewigstoot item deelneem nie as gevolg van 'n besering. 
 
Swem
Die volgende swemmers het Levels geswem van 3-6 April in Sasolburg. Hulle het soos volg presteer: 
Level 2: Dirk Grobler behaal 'n 7de plek en twee 10de plekke, Marjean van Zyl behaal 'n 9de,11de en 24ste plek.
Level 3: Estiaan Botes behaal 'n 5de, 8ste en twee 10de plekke, Danielle Bosman behaal 'n 4de en twee 6de plekke en Berné van Heerden behaal 'n 2de en 4de plek.
 
Program:
20-21 April: PUK 16 finaal te Potchefstroom 
21 April: Skyfskiet Liga 3
                 KZN Netbalproewe


HOËRSKOOL PIONIER SKOOLNUUS                                             26 Februarie 2018

Wintersportspanne goed op dreef.
 
Panarottis Netbaltoernooi
Pionier se netbalspanne het koning gekraai by die Panarotti’s Netbal toernooi wat in Newcastle plaasgevind het.  Die spanne het soos volg gevaar:
o/16’s: Wen Newcastle Hoërskool 17-0, wen Sarel Cilliers 5-3, wen Dundee Hoërskool 14-2, wen Ferrum 16-5.  In die finaal speel hulle teen Newcastle Hoërskool en wen 14-12 en prysgeld van R 2000, 00. Die speler van die toernooi is Jané Petersen.
1stes: Wen Newcastle Hoërskool 8-2, wen Sarel Cilliers 12-2, wen Dundee Hoërskool 10-7, speel in die finaal teen Ferrum en wen 15-11 en prysgeld van R 2000, 00. Die speler van die toernooi is Jana Schoeman.
 
Netbal en hokkie teen Voortrekker Pietermaritsburg
Saterdag 24 Februarie was 'n baie suksesvolle dag. Al die spanne se die harde oefensessies het gewys toe hulle stof in Voortrekker se oë geskop het. By die netbal het die spanne soos volg gevaar:
0/14 wen 23-1; 0/15 wen 31-2; 0/16 wen 40-5; 2des wen 21-7 en 1stes wen 34-11.  Die hokkiespanne het ook gewys wie is baas met hulle puik vernuf: Die o/14s wen 7-1, die o/16s wen 13-0 en die 2de span wen 7-1.
 
1ste span neem deel aan Spar Hokkie Toernooi
Op Saterdag 24 Februarie vaar ons 1ste hokkiespan soos volg:
Wen 3-0 teen Newcastle Hoërskool, wen 8-0 teen Vryheid Landbou skool, wen 2-1 teen Sarel Cilliers. 
Hulle behaal dus 1ste plek in hulle groep en dring deur na die semi-finaal, waar hulle vir St. Dominics 2-0 wen, maar verloor ongelukkig in die finaal 1-0 teen Ferrum. Puik uitslae!
 
Netbal oefenkamp  
Die 0/14 tot 0/16 netbalspanne het die naweek 'n oefenkamp gehad waar hulle onder die spreiligte geoefen het, en spanbou gedoen het.  Die 0/14' s was braaf genoeg om te swem ook! 

HOËRSKOOL PIONIER SKOOLNUUS                                             19 Februarie 2018

'n Hele paar van Pionier se leerders het op Sondag 18 Februarie deelgeneem aan die Chelmsford Challenge by die Chelmsford dam naby Dundee. Dit was weereens 'n baie gesellige dag. Só het ons swemmers gevaar:
Danielle Bosman: 1ste dogters 13-14jr, Estiaan Botes: 2de seuns 13-14jr; Michael Williams: 3de seuns 17-19jr; Juf Anneke Gerber: 2de Dames 30jr en ouer: Dirk Grobler: 3de algeheel in individuele driekamp
Van die 44 deelnemers, het party in beide die 1km en 500m afdeling geswem. Ons is so trots om te sê dat daar altesaam meer as 60 inskrywings was!
 
Sarel Cilliers Rugbydag
 
Pionier se rugbyspanne het op 17 Februarie in Glencoe deelgeneem aan die Sarel Cilliers Rugbydag. Die spanne het soos volg gevaar:
0/14 wen Vryheid HS 38-5
0/15 wen Greytown 27-0
0/16 wen Ixopo 32-5
3de span wen Sarel Cilliers 36-8
2de span wen Greytown 60-0
1ste span het teen Welkom Gimnasium gespeel en het 20-24 verloor. 'n Drie teen ons in die laaste minuut!  Wel gedaan Pionier! Julle het goed gedoen!
 
Skoolbusse vir Pionier
 
Die blou golf rol voort! Woensdag, 14 Februarie, kon jou opwinding en afwagting aanvol in die skool. Dit was net so voor tien uur dat die splinternuwe Toyota Jaris en die twee 65 sitplek busse die skoolterrein ingery het. Ons was daar om die nuwe voertuie te ontvang en Pionier se skoollied het luid oor die vlaktes weerklink. Baie dankie aan elke Beheerliggaamslid wat deel was van die aankoop proses. Baie dankie NTT Toyota Vryheid die hele aankoop proses hanteer het. Die Pioniers sien almal daarna uit om een of ander tyd ‘n draaitjie te ry in die splinternuwe wiele!
 
Oratorsaand
 
Op 8 Februarie is ons jaarlikse Oratorsaand gehou. Dit was 'n baie suksesvolle, aangename en mooi geleentheid, waar ons talentvolle redenaars mekaar die stryd kon aansê. Met notas in die hand en ondersteuners aan die sy, het 14 seniors en 11 junior sprekers hul sprak kom sprook.
Ons bedank graag ons uiters professionele beoordelaars, wat bygedra het om aan hierdie geleentheid spogstatus te verleen, asook leerders en personeellede wat bereid was om te help.
Die uitslae was as volg: In die senior-afdeling: vierde - Christinet Zaal; derde – Anrie J van Rensburg; tweede – Dané Jordaan; eerste – Tiaan Marais. Jethro Buss is die wenner van die addisionele taal kategorie.
Die junior-uitslae was as volg: Die derde plek gaan aan Sharné Jordaan; die tweede plek word gedeel deur Henk Zaal en Danielle Bosman, met Dirk Grobler in die eerste plek en Sizwe Dhlamini as die wenner in die addisionele taal kategorie.
Baie sterkte aan al die redenaars wat op 10 Maart, te midde van 'n baie besige kwartaal, aan die ATKV Eerste Uitdunrondte in Newcastle gaan deelneem.
 
Kalender
 
22 Februarie 2018  :  Brugbou Kompetisie (Harrismith)
24 Februarie 2018  :  Spar Hokkie Toernooi
                                   Voortrekker: Hokkie en Natbal (Tuis)

HOËRSKOOL PIONIER SKOOLNUUS                                             12 Februarie 2018

Pionier se leerders en onderwysers het verlede week Donderdag, 8 Februarie, groot pret gehad toe hulle mekaar tydens ’n kleurfees op die skool se krieketgronde met helderkleurige poeier gegooi het. Almal was onherkenbaar na die afloop van die gebeurtenis en het almal weggestap met helderkleurige herinneringe. Baie dankie aan me. Nadia Vorster en haar span vir al die reëlings. Daar is ook altyd ‘n tydjie buite akademiese tyd vir pret en plesier by Pionier.

 Atletiek uitslae Volksrust 2 Februarie:
O/14 
Janus Pretorius: Skyfwerp 2de (silwer) en gewigstoot 3de (brons)
Nina Terblance: Hoogspring 3de (brons)
Chezaan van Rensburg: 800m 2de (silwer)
Andrea Sander: Skyfwerp 2de (silwer)
Zinita Oosthuizen: Hoogspring 1ste (goud)
 
O/15
Estiaan Botes: Hoogspring 1ste (goud) en Skyfwerp 1ste (goud) en 300m Hekkies 2de (silwer)
 
O/16     
Jacques Erwee: Gewigstoot 3de (brons)
en Skyfwerp 3de (brons)
 
O/17 
Zandri Meyer: Gewigstoot 1ste (goud) en at spog ook met n nuwe rekord van 11,82m en in Skyfwerp behaal sy ook 1ste plek (goud).
Ruan Muller: 100m 3de (brons), verspring 3de (brons) en 400m 2de (silver)
Ryno Swannepoel: 100m 2de (silwer)
Nantus Davel: Hoogspring 2de (silwer)
FP de Villiers: Gewigstoot 1ste (goud) en Skyfwerp 3de (brons)
SW Craig: Gewigstoot 1ste (brons) en Skyfwerp 3de (brons)
 
O/19
Tina Kleinhans: 100m 3de (brons) en 100m Hekkies 2de (silwer)
René Coetzer: Verspring 2de (silwer)
Melindie Grey: 3000m 2de (silwer)
Johanette Wilken: Hoogspring 1ste (goud)
Wilma Gregory: 3000m 3de (brons)
Leandi Marais: 400m Hekkies 2de (silwer)
Chenanté du Plessis: 100m Hekkies 3de (brons)
Christiaan Zietsman: 1500m 1ste (goud)
Quinton Viljoen: 110m Hekkies 3de (brons)
Sheldon Pienaar: Gewigstoot 3de (brons)

AFLOSATLETIEK BYEENKOMS
Ons is trots op die volgende aflosspanne: o/14 aflos kom 3de (brons) en o/17 aflos kom 3de (brons). Pionier wen altesaaam 43 Medaljes.
 
Atletiek uitslae Piet Retief 10 Februarie:
Die volgende leerders het goue medaljes ontvang:
O/14
Tarien Davel (Hoogspring) em Janus Pretorius (Gewigstoot)
O/15 
Aneen Nel (Gewigstoot) en Estiaan Botes (Spiesgooi en Hoogspring). Hy breek ook die Hoogspring rekord met ‘n volle 1.71m!
O/16
Jacques Erwee (Skyfwerp)
O/17  
Zandri Meyer (Skyfwerp en Gewigstoot), Ruan Muller  (400m) ,Ryno Swanepoel (100m en  200m), en FP de Villiers vir gewigstoot waar hy die bestaande Rekord ewenaar.
O/19
Quinton Viljoen ( 110m Hekkies), Johanette Wilken  (Hoogspring) , Leandi Marais (400m Hekkies) en Hardus v d Merwe  (Gewigstoot en Skyfwerp)
Wel gedaan aan al ons atlete - 'n volle 17 goue Medaljes is tydens die byeenkoms gewen.


HOËRSKOOL PIONIER SKOOLNUUS                                             5 Februarie 2018

INTERHUIS ATLETIEK 2018
Tydens vanjaar se Interhuis Atletiekbyeenkoms het ons atlete beslis nie terug gestaan nie.  Nie eers die baie reen wat die vorige aand neergestort het kon ons atlete keer om top-prestasies te behaal nie.  Baie geluk aan die volgende atlete wat bekers ontvang het:

LANDLOOP DOGTERS: Tina Kleinhans, LANDLOOP SEUNS: Christiaan Zietsman, LANGAFSTAND JUNIOR SEUN: Jade Scheepers, LANGAFSTAND JUNIOR DOGTER: Chezaan van Rensburg, LANGAFSTAND SENIOR SEUN: Christiaan Zietsman, LANGAFSTAND SENIOR DOGTER:          Wilma Gregory, THEUNS BELEGGINGS NAELLOPE OPE SEUNS: Klopper Opperman, DS. PIETER BASSON NAELLOPE OPE DOGTERS: René Coetzer, HERMAN COMBRINCK VELDITEMS OPE SEUNS: Hardus van der Merwe, VELDITEMS OPE DOGTERS: Johanette Wilken, SPIESGOOI: Johanette Wilken,

D WENNING SPIESGOOI OPE SEUNS: Marcelle Warden, KLOPPER HOOGSPRING: Estiaan Botes,  M. FOURIE SENIOR HEKKIES: Tina Kleinhans, D WENNING JUNIOR HEKKIES: Estiaan Botes, D WENNING OPE SEUNS HEKKIES: Quinton Viljoen, A . VENTER SKYFWERP: Zandri Meyer, VERSPRING OPE SEUNS: Marno Crathorne, HOOGSPRING OPE SEUNS: Tommy Abrams, GEWIGSTOOT OPE SEUNS: Klopper Opperman, AFLOS 4X400M OPE SEUNS: Beyers, SAAMBOU SENIOR VICTOR LUDORUM: Ruan Muller, BEN VAN DER MERWE SENIOR VICTRIX LUDORUM: Johanette Wilken, VRYHEID NISSAN JUNIOR VICTOR LUDORUM: Estiaan Botes, VRYHEID NISSAN JUNIOR VICTRIX LUDORUM: Kayla Becker HUSQVARNA (DOGTERS WENLAER): Ixia, KAMPIOENSKILD (SEUNS WENLAER): De La Rey, SHIRLEYS ENGRAVING (GESAMENTLIKE WENLAER): LaRixia.  Baie dankie en baie geluk aan elke atleet wat voluit deelgeneem het, al het jy nie ‘n plek behaal nie. 
 
TENNISPROEWE
Baie geluk en baie sterkte aan Renier van Rensburg wat gaan deelneem aan die NKZN tennis proewe in die eerste week van Maart vanjaar. Ons glo dat dit goed saal gaan. 

RUGBY- EN NETBALBORGE
Die eerste netbalspan is geborg deur mev. M. de Beer van Stepping Out Dance Academy – sy het vir die span ‘n oefenhemp en –pet geborg.  Mnr. M. Grobbelaar wat FNB verteenwoordig, het aan elke speler ‘n oefenhemp en ‘n sportsak oorhandig. Meneer Grobbelaar het ook vir die eerste rugbyspan ‘n sportsak, waterbottel en oefenhemp oorhandig.  Mr. Matata verseker dat ons meisies pragtig sal vertoon op die netbalbaan met hul eerstespan-drag, asook ons eerste rugbyspan, met hul splinternuwe rugbytruie.

KALENDER
8 Februarie 2018 : Kleurfees en Oratorsaand
9 Februarie 2018 : Atletiek Piet Retief
10 Februarie 2018 : Midmar Myl