ONS KOSHUIS--ONS HUIS





Pionier Koshuis is beslis 'n plek waar ons saam lag en groei. 

Hier is jou kamermaat jou boetie of sussie en jou gang jou trots.
Ons Gr.8 seuns en dogter woon in LMS koshuis: Dahlia en Tazmania

Gr.9 Seuns - De Vos Huis
Gr.9 Dogters - Stellaland
Gr.10 Seuns - Mosambiek
Gr.10 Dogters - Stellaland
Gr.11 Seuns - Republiek
Gr.11 Dogters - Melkweg
Gr.12 Seuns - Republiek
Gr.12 Dogters - Rozella

Elke gang het sy trots en ons leerlinge word vinnig lief vir hul gang se tradisies en geskiedenis.

Pionier koshuis verskaf 3 etes daagliks aan ons leerlinge waar hul kan smul aan 'n gesonde etes.


Ons handhaaf ook 'n goeie studiegees in ons koshuis en ruim tyd in vir genoeg studie.  Elke aan is daar verskeie studiesessies en gedurende eksamens word die studiesessies reg deur die dag toegepas.

Ons het ook 'n hele week in 'n jaar waar ons koshuisbrakke hulself bietjie kan geniet en meeding teen ander gange.  Natuurlik is ons Sêr ons hoogtepunt waar ons leerlinge wys hoe kreatief hul is.

PIONIER KOSHUIS - BESLIS 'n HUIS WEG VAN DIE HUIS!

 


Type the text here